|
<
Back to South African Musicians |
Entertainment
Homepage |
|
 |
|
Amanda
Luyt - Afrikaans Solo Musician - Johannesburg
After years of training and experimenting with
different techniques, Amanda Luyt has discovered
ways to tackle these issues practically and
effectively.
Amanda Luyt’s training consist of methods based on
solid, classical training and incorporating
vocalizing techniques, specifically addressing the
issues of increasing the range and building a solid,
strong "mix" (blend of chest and head register)
which is so important in singing popular styles of
music. |
|
Amanda Luyt
Currently Amanda is also presenting her skills as
vocal producer. With years of experience in running
a recording studio with her husband, Harold Schenk,
she has always observed the need amongst artists for
true technical singing guidance.
Too many times artists come to studio with no
technical preparation whatsoever, only to experience
the recording process as a nightmare – for
themselves, as well as the producers.
With years of vocal training, Amanda understands the
physics of the vocal instrument. She has
experimented with various techniques to improve
sound, range, tone, pitching, etc. As a recording
artist herself, she grasps the psychological and
technical challenges involved in the recording
process and has formulated methods to productively
tackle these issues. |
 |
 |
|
Amanda Luyt
Amanda
Luyt stem was vir lank stil. Maar sy is
terug. Haar nuwe cd maak een baie
duidelike stelling: Sy kán sing. Deel Van My
wys 'n uiters veelsydige en afgeronde
sangeres wat die Afrikaanse musiek se van
nou verstaan en uitstekend daarin slaag om
dit haar eie te maak met haar kenmerkende
styl. "Verfrissend vir die huidige hoogs
kompeterende Afrikaanse musiekmark " -
Thinus Esterhuizen, musiekregisseur, RSG.
Hierdie
projek is geskep onder die bekwame leiding
van Harold Schenk as regisseur. Hy en Amanda
kom 'n lang pad saam in die bedryf en sy
begrip van die huidige marktendens, kan
duidelik in die verwerkings gehoor word. Met
sy briljante musikale vermoë het hy daarin
geslaag om 'n kommersiële projek rondom
Amanda se stem te skep. "Dit het baie moed
gekos om weer 'n cd aan te pak. Om te midde
van 'n magdom produkte jou induviduele
stempel af te druk, maar nog steeds
kommersieel te bly, is 'n tall order", sê
Harold.
Gedurende 'n jaar van navorsing, leiding
deur Kosie van Niekerk en Ernst Kleinhans
van Select Musiek, luister en nogmaals
luister, het die klank vorm begin aanneem.
Die eindproduk is 'n versameling van snitte
wat bestempel kan word as "lekkervoel
musiek", maar wat nie 'n tree agteruit staan
in terme van musikale integriteit nie. "Die
idee was om die voete te laat wip, maar
steeds stylvol te bly en musikale gehalte te
behou."
Deel Van My spog met 'n verskeidenheid nuwe
polsende snitte, soos Steeds Die Een, En Dan
Dans Ons en Met Alles Wat Ek Doen, wat
beslis die voete sal laat jeuk. Dan is daar
ballades soos Ek Soek Jou Hier By My en My
Suiderland wat hoendervleis gee.
Amanda se fluweelstem sleur jou mee met die
ou treffers: Blue Bayou, Amazing Grace en
True Love. Haar vertolking van Josh Groban
se When You Say You Love Me en Bach se Ave
Maria, is 'n bewys dat sy haar stem as
instrument bemeester het.
In 1990 ontmoet sy vir Harold Schenk en saam
werk hulle aan 'n pop-duo-projek, met die
naam ye-ye. Die doel van die cd was om 'n
nuwe, vars klank vir Afrikaanse musiek in te
lei. Die musiek is as borrelgom stoom-pop
bestempel, maar was ongelukkig ver voor sy
tyd. Die projek was baie goed deur die pers
ontvang, maar die algemene publiek was nog
nie gereed daarvoor nie.
|
|
Amanda Luyt
Daarna het hulle 'n volgende projek by name
Paradiso aangepak. Hierdie was 'n Engelse
cd met jazz-fusion klanke. Weereens het die
cd die pers en musiekkenners gaande gehad.
Die liedjie Circle Of Friends het vir 3 weke
die nommer een posisie op Highveld Stereo se
top twintig behou - 'n posisie wat op
daardie stadium slegs deur een ander
plaaslike groep, Mango Groove, gevul is.
Hierdie album is ook genomineer vir 'n
SAMA-toekenning en is in Brazilië versprei.
In 2000 stel Amanda vir die eerste keer weer
'n Afrikaanse cd vry. Hierdie album met die
naam As Jy Aan Eendag Glo het 'n versameling
van gewilde liedjies van haar vorige albums
bevat. Sommige van die liedjies was vir die
eerste keer nou op cd te hoor. Al die
snitte was nuut verwerk deur Harold. Die
album bevat die liedjie Jy's My Inspirasie
wat een van die enigste Afrikaanse liedjies
is, wat huidiglik steeds op KFM te hoor is. |
|
Terms of use:
This resource:
Does not claim to be an official website, the owners
or management over any supplier, service or content.
Will not respond to requests of a personal nature,
nor offer contacts nor share intellectual property.
Is purely a marketing and brokering medium for South
African Entertainment related suppliers and related
services and therefore this resource reserves the
right to only respond to official booking and quote
requests for corporate functions and events.
Amanda
Luyt - Afrikaans Solo Musician - Johannesburg |
|
<
Back to South African Musicians |
Entertainment
Homepage |
 |
|
|
|